Afrikaanse & Engelse skryfwerk

Nuwe stukke, wanneer hulle gebeur

Die hond is dol - Zilla Schoeman

Die hond is dol

die omvang
van verlange
soms verrassend
soms verbasend

die hunkering
raak honger
raak hounding
die hond is dol

na hom
na haar
na gister
na more

dan verligting
so vlietend
soms tydloos
altyd tydelik


Oor die skrywer

Lees volgende