Afrikaanse & Engelse skryfwerk

Nuwe stukke, wanneer hulle gebeur

ek wil van voor die vrot - Willem Jacobs

ek wil van voor die vrot

ek wil van voor die vrot - Willem Jacobs

ek wil beskuit eet op ‘n mat
in ons ou plaashuis
voor ek gehoor het van die siek

ek wil gaan skape jaag in die kraal
kaalvoete in die stof
voor ek gesien het van die vrot

ek wil papkoekies maak saam jan
op sy eenvoudige vuur langs sy huis
voor ek gevoel het van die bang

ek wil looney tunes kyk op ‘n sofa
met litchi skille op die mat
voor ek vergeet hoe ruik
nat gras na die reen

ek wil weer
my hande was in ‘n sinkbak
sonder om te dink aan bloed
op hulle s’n

ek wil weer wees
sonder al die weet

Lees volgende

Rainbow graffiti reading Your Hate Is Not Holy, This is not a safe space, on a church wall in Cape Town

If Your Faith Needs a Tin of Paint

What Cape Town’s vandalised rainbow crossing says about religious entitlement. Someone took a tin of paint to a public road and called it an act of faith. Here is what it actually cost, and who ends up paying for it.

Lees meer / Read more