‘n * langs haar naam.

Sit ’n * langs haar naam
iemand sal kom verduidelik,
god min maak eintlik saak
as dink te lank aangaan.

Stop.

Sy is niks nuuts, nie
veel anders, nie meer as
gewoon maar sy is hier ja
vir ’n ruk ek kan haar onthou.

Stop

as jy die storie ken…
soveel potensiaal, soveel kan
word van haar, om haar.
Stop maar as dit boring raak.

Stop.

’n * langs haar naam?
Hoe vreemd… is sy toe
al die tyd iemand?
Wie sou toe kon sê?

Stop.

Mensig mens wees effe menslik!
Dink bietjie langer, wag vir ’n asem
voor jy verder gaan, jy rammel oor
die woorde asof jy die storie ken.

Stop nou.
Stop vir nou.

Daar’s ’n * langs my naam
laat ek eerder kom vertel.
Die wêreld is groot en wyd
en Laurika droom van ’n leë kajuit.
Met die * langs my naam
is ek wragtig nou moeg gewag.
Een vir een vat ek wat ek soek.
Woord vir woord word dit myne.
Soek jy nog na die verwysing?
’n Beter manier om dit te stel?
Sonder herhaling ek kom nader,
woord vir woord laat ek vertel.

*so sien jy, jy kan maar stop, sy word toe wragtig iemand.
Jy wil so graag kom luister
en dis okay, ek verstaan;
die vrou het dan ’n * langs haar naam.

Soortgelyk