Afrikaanse & Engelse skryfwerk

Nuwe stukke, wanneer hulle gebeur

Ek’s jammer almal - Willem Jacobs

Ek’s jammer almal

Ek’s jammer almal

Ek’t die ding geërf

Wat anders kon ek doen?

My pa’t gesê,

Gewaarsku eintlik

Hy sê, ‘jy kan die ding nie skiet nie kind, hy trek die hele wa’

En ‘ek’s jammer’

‘Momentum is ‘n bliksem’ sê hy

Insig is nie ‘n speelding nie

Nou hol die wa voor die os

voor ons. 

Almal. Lankal mal. 

‘Skiet hom,’ skreeu die banges

‘Nee’ skreeu die rykes

‘God’ skreeu die gemeente

‘Kyk my kat’ skreeu Facebook

Toe vergiftig ek dit maar, 

maar net liggies (ek dink?)

Net so voor dit wou vrek. 

Ek’s jammer almal

ek’t die ding geërf.

Ek wou dit ne…

maar ek konnie.

Oor die skrywer

Lees volgende

heksedans - Willem Jacobs

heksedans

– Intussen dans ons godeloses soos hekse en heidinne op dwelms in grotte en woude om die sondes wat hulle in god se naam pleeg uit te weeg.

Lees meer / Read more