Uit die Baftablou duister
Spartel die eienaardige Duitser
’n Vreeslike internasionale vriendelikheid
Die bakoorjakkals van vermaaklikheid
Vrydags is daar willose interaksie
Tussen logika en ’n
Sokratiese transaksie
Die babawagter se intensiewe fieterjasies
Die Kubaanse gegalm
Maak my honger en spasties
Almal se hoofdoel
Om ’n kabaal op te skop
Met die treinramp klaar weggespoel
Baklei ons oor af sop

Hulle is monsters en hulle braai saam met ons
Vir die ordentlike ou by die braai wat saamgelag het, en vir elke man langs hom wat niks gesê het nie.

