Met verskoning aan Jeanne Goosen
My vrugte verryp tot swart?
ek dink, of nee dis net Kremetart
majestueus grysbruin
Jare lank so sterk en dik en wortels in die lug
onopgemerk want (en dus) gehard
maar dié seisoen het nie
ligvoets verbygemik
elke vesel, aar
bietjie vog
hol-stam verklap
verlap, verlep
tot waardelose hout
opopgemerk verwaardeloos
kortdaarna net stof, veras
Enkelvoudig saamgestel – ‘julle’
het júlle my ag geslaan?
almal nou verwondered staan
verras
vingerwysend, kamma droef, wie sou kon sê
is dit karakter vir Kremetart?
My vrugte hét verryp tot swart
want dit ís maar Kremetart
Julle het niks wyser geword nie
en nou, ek, die onverskillige een






