hierdie klam meganiese brein
gooi ligte en drup.
bloed pols mense deur are
gister hang om my in ‘n galery
alles is oud. alles is nuut vir my,
miskien net tot more, dan’s ek weer
verveeld.
hierdie klam meganiese brein
met sy strate en
gedagtes weergalm eeue van vrede
en vrees en walglike dade wat in die
donker gebeur terwyl ouers uit ouer en ouer
bybels probeer lees
hierdie klam meganiese brein
sien alles vandag
in ‘n bedonerde skakering van grys,
wat lag terwyl
ek net die gap probeer mind






