Afrikaanse & Engelse skryfwerk

Nuwe stukke, wanneer hulle gebeur

‘n Kort storietjie, geskryf op ‘n Sondag. - Zilla Schoeman

‘n Kort storietjie, geskryf op ‘n Sondag.

‘n Kort storietjie, geskryf op ‘n Sondag. - Zilla Schoeman

Miskien is Maandae nie bedoel vir iets so delikaat soos blomme koop nie, dis net te besig, te dol, effe mal. Jy het altyd kom koop op ‘n Dinsdag. Helder geel was nie jou gunsteling nie, maar sou ek nie die sagte geles in voorraad gehad het nie, was jy heel gewillig om hulle ook te vat. Solank dit pioene was, altyd 10, altyd geel. Ek kon myself nooit sover kry om dit vra wie die gelukkige ontvanger van die geurige ruikers was nie. Hulle was nie vir my nie, die wete was swaar genoeg.

So gaan een Dinsdag verby sonder jou en in die volgende week is jou afwesigheid al wat ek heel dag aanvoel. Dit was ‘n sonskyn Sondag wat ek jou vir die laaste keer gesien het. Jy’t my nie opgemerk nie, nie my skugter hand sien lig in ‘n skamerige groet nie. Soos die glaspapier waarin ek jou blomme toegedraai het, het jy reg deur my gekyk. Jou gesig, nog steeds so geliefd, het dieselfde gelyk. Dit was die skadu’s in jou oë wat ek nie herken het nie. Daardie flikkering waarvoor ek so lief was, dit was weg. Jy was gebroke, so het dit vir my gelyk.

Hartseer genoeg, vir een keer was ek nie alleen nie. Nou was daar twee van ons.

Lees volgende

Rainbow graffiti reading Your Hate Is Not Holy, This is not a safe space, on a church wall in Cape Town

If Your Faith Needs a Tin of Paint

What Cape Town’s vandalised rainbow crossing says about religious entitlement. Someone took a tin of paint to a public road and called it an act of faith. Here is what it actually cost, and who ends up paying for it.

Lees meer / Read more