Afrikaanse & Engelse skryfwerk

Nuwe stukke, wanneer hulle gebeur

’n Liefdesverhaaltjie geskryf om 17:15 - Zilla Schoeman

’n Liefdesverhaaltjie geskryf om 17:15

’n Liefdesverhaaltjie geskryf om 17:15 - Zilla Schoeman

Ek het effens oorweldig gevoel, dis nog lank voor die woord gewilder geraak het as OCD. Soos ek gaan sit op die trap voor my nuwe kantoor en ’n sigaret uithaal loop jy die binnehof in. Jy was lank, te maer, baie blond en het heeltemal te veel selfvertroue gehad vir iemand so jonk. Ek’t jou nie goed geken nie en, soos dinge lyk, was dit nie iets wat ek gou gaan verander nie.

“Haai, ek’s Kate.” Kondig jy aan en gaan sit op die lae muurtjie oorkant my. Jou ligte karoo-aksent moes my eerste teken gewees het.

“Hey. Lily.” Ek soek deur my baadjiesakke na my aansteker.

“Het jy jou ooghare gekleur?” Vra jy.

“Ja.” Dis ’n eienaardige opmerking vir ‘n eerste gesprek. Ten minste het jy ’n skerp oog.

“Het jy dit laat pluk?” Druk jy.

“Nee.” Wat die fok?

“Moenie lieg nie, niemand sin is so perfek nie.” Jy steek jou sigaret aan en vat ‘n trek.

“Myne is.” Ek lig ‘n wenkbrou. Jy lig jou skouers en hou jou aansteker uit.

Jy was uitdagend en vol drif en van toe af tot nou was ek mal daaroor, en oor jou.

Lees volgende

Rainbow graffiti reading Your Hate Is Not Holy, This is not a safe space, on a church wall in Cape Town

If Your Faith Needs a Tin of Paint

What Cape Town’s vandalised rainbow crossing says about religious entitlement. Someone took a tin of paint to a public road and called it an act of faith. Here is what it actually cost, and who ends up paying for it.

Lees meer / Read more