’n Liefdesverhaaltjie geskryf op ’n sonskyndag.

Ek was vier jaar oud toe ons ontmoet het. Jy was wild en vreemd en iets wat ek nog nooit aanskou het nie. Jou gewelddadige ontploffings het my bang gemaak, maar die suiwer genot wat dit op die gesigte om my veroorsaak het, het my laat glo jy hou geen berekende gevaar in nie.

Te gou het jy vertrek. Skielik en sonder waarskuwing was jy net nie meer daar nie. Ek het jou dadelik gemis, my intense verlange het my laat besef dat ek nie sonder jou wil wees nie. Nooit nie.

Oor tyd het my gevoelens net sterker geraak. Maar jy het nooit my gebondenheid gedeel nie en dit het my nie gepla nie. Ek het jou net liewer gehad, elke dag bietjie meer. Met elke verdwyning het jy my hart in stukke gelos, broos en gekneus. Met elke terugkeer, het ek jou alles vergewe. Ek kon myself nie help nie. Steeds kan ek nie. Daar is iets omtrent jou wat my bedwelm… is dit jou passievolle uitbarstings? Jou sussend, kalmerende ritme in die donker ure van die nag? Die geur van jou op my vel? Dit maak nie saak nie… die hunkering is konstant en akuut en dreig om my gek te maak. Ek’s nog steeds vasgevang, verslaaf. My hart is vir altyd joune. En ek bly na jou verlang, elke sonskyn-helderbloulug-dag, verlang ek weer na jou.

Soortgelyk

A Swansong in Ash and Ember

I have loved from the fireline—bold, open,unafraid of the burn. I have danced the dance ofalmost-lovers,almost-timings,almost-yes. But I do not burn myselfto keep another warm.I

Read More »

John’s fat mother

John’s mother was convinced she had an influence on the weather. She had very bushy eyebrows that met in the middle, and her backside was

Read More »

Against

Inked forever a reminder to fight even as blood trickle down bruised, battered. Against the stock standard, against the norm, the expected. To be more

Read More »

Solace

There’s solace in the trees where the air sways against shadowed leaves creeping between ancient branches deep below the bark, next to the grain, beats

Read More »