Ma vertel oor die dag toe sy seker was sy hou van vrouens. Dit was twee weke na haar troudag. Sy het op die plaas aangeland met haar sakke stadsklere en baie pille. Pa was klaar in die lande of in die kroeg. Ouma het met ’n spaan die kombuis en die res van die plaas bestuur. Oupa het gedobbel by die hotel op die dorp. Ma word kombuis toe bestel deur die spaan, en word aangestel om die herderspastei in die oond op te pas, terwyl ouma die spaan so rukkie laat rus. Ma mag nie aan ouma se spaan vat nie. 

Ma kon en wou nie kook nie. Haar belangstelling in enige pastei was altyd maar metafories en so staan en babysit sy die pastei tot ’n stuk charcoal en ouma flap haar pols uit lid uit met die spaan wat nou een geword het met die stuk pastei.

Ma besluit sy breek verdomp nie haar hande oor kos potte vir ’n man met ’n drankprobleem nie, en word net daar skeef voor die Kelvinator. Min weet sy daar’s klaar ’n broodjie in die oond.

Soortgelyk

heksedans

– Intussen dans ons godeloses soos hekse en heidinne op dwelms in grotte en woude om die sondes wat hulle in god se naam pleeg uit te weeg.

Read More »