Soos sy staan en vis batter laat dink dit haar aan haar huwelik met Pa. Ma het nog altyd geglo ’n goeie huwelik verg geduld en ’n sterk maag. Pa was ook oortuig daarvan, maar meestal net oor die sterk maag-deel. Sy sê sy’t hom maar soms terug gebatter met die kos wat sy voorgesit het. Almal het seker maar sy hou ingekry. Gelukkig het Ma nogal groot voete vir ’n vrou. “Maar”, sê Ma, “as ek hom wou terugkry, het ek gebak.” Kyk, Ma kan baie goed doen, maar bak en stryk kon en wou sy nie.

Toe sy so staan en onthou, tref dit haar dat sy weer gebak moet bak—iets wat haar altyd laat terugdink aan daardie donker dae saam met Pa. Eendag net so skuins voor basaartyd het die woekertannies by die kerk Ma gevra om koek te bak vir die tombolatafel. Hulle het geweet Ma kan nie bak nie, maar dis juis hoekom hulle haar vra. Hulle het dit gesien as kerklike liefdadigheid teenoor haar, soos om die dowe outjie in die kerkkoor te laat sing omdat hy so lekker glimlag.

Ma het nie vrae gevra nie, almal se weggooigoed is seker klaar iewers gelukkig in ander mense se huise; almal het probleme. Dié dat hulle begin gebak uitdeel teen twee rand ’n kaartjie. Ma dog toe dis seker gepas, siende haar gebak mens se maag net so kan ontstel soos enige tweedehandse tuindwerg. Sy bak haarself in permanente senuweeskade in.

Saterdag staan die tombolatafel vol gebak, ’n afskuwelike hervormde pastel-kleurige trauma; Ma drink iets op voorskrif. Sy was moeilik vernederd met ’n seun wat verkeerde kant toe hardloop op die rugbyveld, so sy voel nie veel vir die klipkoek op die tafel nie.

Drie ure die basaar in het die kinders hulself moeg getombola en klaar gekyk na mekaar se skaamdele agter die fietsloods. Die kwylende Kemp-kind, dringend op soek na ’n chromosoom, begin gebak gooi. Hulle ry mos ’n Nissan Skyline, Ma sê hulle weet nie van beter nie en ons moet nie oordeel nie; swak smaak verskil.

Voor die ouers kon inspring, verloor twee kinders tydelik hulle sig, al drie die Smit-kinders het ligte kopbeserings, ’n ouderling soek na ’n asmapompie en Tannie Olga met die slap gesig probeer die versiersuiker van haar nylon bloes afkrap met ’n skroewedraaier, terwyl haar bloedsuiker gevaarlik begin styg. ’n Klipharde gemmerkoek tref Oom Gert se nuwe bril; glas en suiker lê gesaai. Die orrelis bid hardop, want sy dink dis die wegraping. Iewers huil twee babas.

Ma bak nooit weer vir enige kerk-aangeleentheid nie. En Pa, hy weet nou: soms is stilte veiliger as kommentaar. So leer ek: jy kan jouself ook úít ’n ding uit bak.

Soortgelyk

heksedans

– Intussen dans ons godeloses soos hekse en heidinne op dwelms in grotte en woude om die sondes wat hulle in god se naam pleeg uit te weeg.

Read More »