Alma se hande het so skuins na sy dertig geword het begin swel. 

Gewoonlik gepaardgaande met die koms van die posman, wat vir ooglopende redes die beste ding was om in dié klein dorpie te doen. Dit was eers net haar hande, later het haar voete ook  begin swel, sy’t elke keer lus geword vir vetkoek wanneer sy haar skoene aantrek.

Sy’t op ’n  vroeë ouderdom besef dat die teenwoordigheid van ’n dubbelbed in haar kamer net onnodige ouderlinge aan haar voordeur sal laat klop en ook soos ’n drang belaaide albatros om die nek sal wees elke aand as sy wonder aan watter kant sy moet slaap.

So het die posman elke Donderdag sy pos kom aflewer en Alma lus gemaak vir vetkoek en owerspel. Soos enige ander posman kon hy ook wasmasjiene regmaak en plugs aansit. Was dit nie vir dié paar handigheidjies waaroor hy beskik het nie, sou daar geen ander verduideliking gewees het vir sy teenwoordigheid in vele getroude vrouens se woonkamers, kombuise en slaapkamers nie.

Almal op die dorp het later geweet hoe handig die posman is, veral die vrouens, en hy het later meer plugs aangesit as wat daar pos in die kontrei was om af te lewer. Alma het gehoor van die posman se handigheid, maar het haar nie veel daaraan gesteur nie. Sy was meer bekommerd oor die deeg wat om haar voete begin vorm as hy die straat op loop. 

Alma was nie so lelik op die tweede oogopslag nie. Solank die posman uit die buurt was, was sy eintlik heel goed bedeeld. Haar verloofde is agtien jaar terug ontvoer op pad kafee toe, die dorp weet hy’t eintlik gevlug. Alma was vreeslik kuis. Haar verloofde kon ’n stoordak aanmekaar spyker van jagsheid, maar Alma wou niks weet nie. Sy is een van daai gevalle wat op hoërskool hoog en laag gesweer het dat sy haarself gaan spaar vir die huwelik. Sy was ook een van die drie wat dit reggekry het. Die ander twee is onderskeidelik in Denmar en ’n vloerbestuurder by Builders Warehouse in die Noordelike voorstede van Kaapstad. 

Alma se swelling het nie beter geword nie, sy kon nie voorbly met die vetkoek nie en het dit later by die kerkmark begin verkoop op Saterdae. Sy’t so baie vetkoek gebak sy kon begin uitvoer. Maar sy het nie, want sy’s useless. Alma kon later nie meer haar ringe aankry nie – die hele goddelike dag lank gebak – behalwe op Donderdae wanneer sy die wasmasjien probeer breek het. 

So het sy die spesifieke Donderdag gestaan en bid dat die twin-tub sal beswyk. Sy wou tog net die posman innooi vir vetkoek. Nie dat sy idees met hom gehad het nie, sy wag nog vir haar verloofde, hy kom terug, sê sy. So staan sy en bid vir ’n  wasmasjien wegraping en swel en swel. So met die opblaas proses verloor Alma alle moed en sweet en prewel ’n gebed; “Here gee my net die krag, gee my net die krag, en hou my rein!” En met die misgis sy die grootte van haar hand op die rand van die top loader, dit word gevang in die spin cycle en Alma begin in die rondte spin, sy lyk naderhand soos ’n stuk pizza deeg met ’n tema en vlieg by die kombuisdeur uit – kom te lande voor die posman se voete.

Die posman het haar opgehelp en die huis ingeknie. Hy’t haar op die bank gesit, vir haar suikerwater gemeng. Sy het liggies begin wegraak in ’n  wit deeg beswyming toe die posman afbuk en aan die wasmasjien begin vroetel. Alma het hom van agter af bestaar tot sy haar gedagtes in die diepste poorte van die hel moes gaan haal. Sy uniform broek het soos die sondvloed aan sy gat gesit en Alma het ’n kerkorrel hoor speel in die agtergrond en vetkoek geruik.

Nadat hy so rukkie vir die masjien gestaar het, het Alma begin afterglow kry, hy reken dis verstop, Alma sê nee dis die swelling, hy sê nee dis definitief verwerping. 

Die posman het nog so gebuk oor die masjien gestaan, toe word Alma se brein deeg. Sy pluk haar klere af en staan, oop, skaamteloos soos ’n basaartafel. Die posman was nog besig om aan die pype te vroetel toe vroetel Alma aan syne.

Alma het sy klere begin afruk. Hy wou nog huiwer toe begin sy skree van haar slapgat verloofde wat haar nooit wou trou nie, hy wou net steek, en hoe merkwaardig lelik hy was en dat sy wens dat hy regtig dood is, sodat hy onbeholpe en jags kan wees tot in alle ewigheid. 

Stuk vir stuk klere vlieg, sy gil van die swelling en hoe sy eintlik vetkoek haat en dat sy een van hierdie gegewe dae gaan ontplof en deur ’n tuisnywerheid begrawe gaan word want ‘God weet hoekom het mense nie vir my agtien jaar terug briewe gepos nie, want dan sal ek lankal my Russels guarantee weggegooi het vir daai sotlike twin-tub.’ 

Hy het haar op die vloer lat posvat en met elke pomp het Alma minder soos deeg begin lyk. Sy’t het haarself verdrink in sy tan en gewonder hoekom ’n posman so atleties gebou is, en onthou dis oor al die honde en die wasmasjiene wat nie stukkend is nie. Soos die sweet van sy bors afdrup op hare het Alma besluit om elke warrantee in daai huis weg te gooi en môre die ketel te breek. 

Met die laaste sug het die wasmasjien skielik begin rinse, Alma sê; “sien, dit was vestop”.

Alma kon sommer daardie selfde middag weer al haar ringe aankry en elke Donderdag het sy iets in die huis gebreek, sy het ophou vetkoek bak al was dit amper tyd vir basaar.

Soortgelyk

heksedans

– Intussen dans ons godeloses soos hekse en heidinne op dwelms in grotte en woude om die sondes wat hulle in god se naam pleeg uit te weeg.

Read More »