Wysheid en Old Age

Daar word gesê: ‘The youth is wasted on the young’

Wat baie waar is.

Maar ek as ouer vrou kan vandag sê: ‘Wisdom is wasted on the old’

Hoe ouer ‘n mens word, hoe meer insig kry jy in die lewe. Dit wil sê hoe meer wysheid verwerf jy. Maar dit is te laat. Jy het reeds jou foute gemaak en kan nie jota of titel daaraan verander nie. Die jonger geslag wil niks van jou wysheid hoor of glo nie. So, jy sit met jou bietjie wysheid soos ‘n aap op ‘n kluit. En met jou baie foute wat jy gemaak het, omdat jy self te wys was om uit ouer mense se lewenslesse te leer.

Jy vergeet nooit daardie foute nie. Op jou kluit leer jy maar om daarmee saam te leef.  Dit loop langs jou, soos die bose aan jou hand.

En die booste van alles aan jou hand, is die foute wat jy met jou kinders gemaak het. Onomkeerbare foute, wat jou as ouer duur te staan kom.

Die Baby Boomers, soos ons geslag genoem, of liewer, geskel word, soek wegkruipplek in baie dinge, want ons geslag het tot dusver nog die grootse besef van ons foute wat ons gemaak het. Ons geslag is die eerste geslag in die geskiedenis van die mens, wat gebore is met ‘n gewete! En lyk dit vir my ook die laaste.

Party van ons soek wegkruiplek  in godsdienste. Party in drank. Party in pille. Party in aanhoudende werk. Party in ‘n kombinasie van sommige. Maar die bose los nie jou hand nie!

Elke keer as jy met jou kinders praat oor ‘n selfoon en erger, elke keer as jy hulle sien en hulle met jou oë en ore en wese beleef, word jy gekonfronteer met jou foute. Jy sien dit nie net nie, jy voel die foute wat jy gemaak het. En die skuld en verwyte druk dan eers onuithoudbaar op jou hart en laat jou skouers krom trek van pyn en depressie.

Wat nog seerder is, as dit moonlik is, is wanneer jou kinders niks van jou wroeging wil weet nie. Jou nie één kans wil gun om te bely, te verduidelik en om vergifnis te vra nie. Die één ding wat jou las ligter sal maak en jou weer met ligte tred deur die lewe sal laat gaan.

Ek weet daar is uitonderings. Daar is ouers wat gebless is met oop kinders en oop verhoudings met hulle. Ek dink dit is ouers wat min foute met hulle kinders gemaak het!

Ja, die feit sal ek as die waarheid kan verkondig. Maar daar is ‘n ander waarheid ook. Ek het in my leeftyd mense beleef wat uit die mees afgryslikste dysfunctional huise gekom het en wat meer onaardige ouers het as ander, wat goeie oop verhoudings met hulle ouers het en wie se samehorigheid hulle geniet en kosbaar troetel.

Nou vra ek myself af: Waar lê die probleem? Ek weet nie. Daardie wysheid het ek nog nie bekom nie en sal seker nooit.

Miskien moet ons oues van dae ophou kla omdat ons min hoor van ons kinders en hulle omtrent nooit of glad nie sien nie. Dit ís alleen en seer. Baie seer. Want die liefde van ‘n ma vir haar kind, is seer. 

Maar miskien is dit eintlik genade.

Jy word ten minste minder face-to-face gekonfronteer met jou foute, skuldgevoelens, verwyte en pyn.

Kyk bietjie rond...

Spietkop of ambulans

As ek nou terug dink aan al die dinge wat daardie jare op Stofbultlaagte gebeur het, dink ek die storie met die

One Reply to “Wysheid en Old Age”

  1. klink of u verskrilike aaklige kinders het. ek vestaan u pyn. my kinders is net so. drie aan heroein veslaaf. bel nt as hulle geld soek, as ek nie gee nie dan steel my goed in die huis vir die dwelims. elke keer as ek hulle sien dat dink ek an al my foute. ek wens ek kan dit verander. ek het my foute gemaak en moet nou met dit leef. ek wens ook vir wysheid.

Comments are closed.