Soortgelyk

Ari

Die Saai Lewe II : DEEL 1 Ari was ‘n baba van agtien maande toe hy een middag sleg verbrand het in sy ma se

Read More »

Kremetarte kak af.

Met verskoning aan Jeanne Goosen My vrugte verryp tot swart?ek dink, of nee dis net Kremetartmajestueus grysbruin Jare lank so sterk en dik en wortels

Read More »

Die Saai Lewe 1 : DEEL 1

Céa Van Niekerk se ma het later in haar lewe heeltemal beserk gegaan, en élke dag probeer om op dáárdie dag al die wyn in die wêreld op te drink. 

Céa se pa het van jonk af geglo in ‘n wêreld van “checks” en “balances”, en het élke dag probeer om só hard te werk dat hy nooit by die huis hoef te gewees het nie. Die semantiek hiervan het hom egter ontglip, en die “checks” waarmee hy homself behep het was nie van liefde gemaak nie maar van papier. 

Dié tjeks was veronderstel om al die malligheid by die huis uit te balanseer. 

So het hy gereken in iedergeval, maar die geld wat hy so blindelings die huis ingestuur het, het net meer van ‘n geneukery veroorsaak.

Céa se ma het aanhou drink, haar pa het aanhou werk, en sy het aanhou uitglip in die aande. 

Dit was maklik om te gaan. Minder maklik om terug te kom.  

Haarself afgewas agter die tuinskuur.

Met eerste lig stilletjies ingeglip. 

Gestort en haar skoolklere aangetrek.

Haar boeke gepak en by die skool uitgekom. 

Céa Van Niekerk was baie gesteld op “mensetyd” soos wat sy dit genoem het. Sy was nooit laat nie. Nie eers met haar geboorte toe haar ma “amper dood is aan haar nie”. 

Dit was hoe haar ma altyd beskryf het hoe die dokter net betyds vir Céa uit haar uitgesny het. 

Sy het nooit vir iemand gesê dat sy geglo het dat Céa probeer het om haar dood te maak nie.