Met die seisoen verby
en jou oë sku en weer vol pyn,
moet ek magteloos toekyk
hoe die moed in jou nog verder kwyn.

‘n Blink trofee vir jou handewerk
was die oes op vrugbare land,
maar êrens het die reën vertoef
en die son het jou trots verbrand.

Ag, lyk nie verleë
dit is nie jou skuld.
Kyk, jou hande bars al
en die eelte bult.

En al staan jy nou tussen droë katoen
Godverlate, moeg en stom,
sal ek jou later tog hoor sê:
volgende jaar sal die reën weer kom.

Lizelle Jacobs 1992

Soortgelyk

heksedans

– Intussen dans ons godeloses soos hekse en heidinne op dwelms in grotte en woude om die sondes wat hulle in god se naam pleeg uit te weeg.

Read More »