Met die eerste koel druppels
se val op die sink
het dit stil in die plaashuis geword.
En ‘n skielike vreugde,
‘n dankbaar gebed
het in elkeen se hart opgeklink.

Te bang om te praat
die reën kan dalk wyk,
het die boer oor die velde gekyk.
Maar die donkerblou wolke
het mildadig geskink
en die twyfel in stroompies verdrink.

Dit reën, dit reën
het die wind skaars gefluister
en speels aan nat blare gepluk.
Nie klaar met sy spel
‘n wye draai gaan gooi
en sy bors teen die reën aangedruk.

Na ure se korswel
met die stuitige wind
het die reën uiteindelik bes gegee.
En skaam het die son oor sy vroeëre geweld
van agter die wolke getree.

Soortgelyk

heksedans

– Intussen dans ons godeloses soos hekse en heidinne op dwelms in grotte en woude om die sondes wat hulle in god se naam pleeg uit te weeg.

Read More »