Die dominee en my voorstoep

Saterdagoggend tienuur klop die dominee aan my deur en sê ek moet my stoep vee, die duiwels vergader op my trappe. 

Ek raak onsmiddelik bedonnerd oor die sedepreker vir my kom vertel wat ek met my sondes moet doen. Ek sê toe nou loop vee die ding jouself, dis mos wat julle mense doen, loop en veroordeel ander mense se stoepe, terwyl julle eie soos onweer lyk. Hy’s daar weg met twee testamente en sy vrou se ambisielose asynpoeding.

Ek sit toe en wonder of hy nie net dalk probeer geselsies maak het nie; wat het ’n predikant nou eintlik te sê vir ’n man met ’n voorliefde vir Shirley Bassey, balsamic reductions en enige iets ouer as 100 jaar? Dis nie ’n vreemde verskynsel nie. Hy klop ten minste twee keer per jaar aan my deur en maak praatjies oor ditjies en datjies en vandag het ek besluit ek is gatvol vir sy metaforiese taalgebruik oor die sondes en myself. 

Ek loop na die Spar onder in my straat om brood, melk en sigarette te gaan koop toe ek in sy deurskynende vrou vasloop. Vaal gedaante soos iets wat in as bad met onopwindende hare soos ’n ou mop, lyk van voor en van agter presies dieselfde. As dit nie vir haar kraag was nie, het mens nie geweet watter kant van haar om aan te spreek in gesprek nie. 

Ek besluit om by die videowinkel in te glip, toe ek haar in die volwasse film afdeling gewaar. Sy het my nie herken nie, seker my ander haarkleur of dalk die nuwe neus. Mevrou dominee het ’n geweldige reputasie onder die finale jaar katkisante en soos dit nou blyk, het sy ’n liefde vir mans in uniforms ook. Ek het vir ’n oomblik gewonder of sy en die predikant nog saam is, want dis nie elke dag dat jy ’n Christen se vrou in die video winkel raakloop nie, veral nie in dáái afdeling nie; dalk is ek naïef…

Sy staan en staar na die DVDs en probeer onder die sterretjies op die penisse inkyk. Ek sien toe sy vat een van die rak af en loop toonbank toe. Dis seker verstaanbaar, verwag dit tog van ’n vrou wat haar lewe deur in ’n pastorie bly. Ek hol toe gou na die musiek afdeling, en gryp Moulin Rouge van die rak af en haat myself ’n bietjie oor ek so voorspelbaar is. 

Buite sien ek mevrou dominee klim in die kar saam met ’n hormoon met ’n kuif. Mooi kind met ’n netjiese kar, hy maak tot vir haar die deur oop! Ek dog by myself, hier is nou ’n slang op ’n  plek waar hy nie moet wees nie. Spring in my Datsun en ry agterna tot by ’n huis in Brooklyn met groot vensters en baie swak sekuriteit. Ek parkeer straat-af en klim uit. Loop by die ryvlak op – verby vier sement arende so groot soos mense, ’n struik wat gesnoei is soos Dawid en ’n beeld uit marmer wat lyk soos ’n stuk trifle wat te lank in die son getaan het, geld is darem ’n gevaarlike ding – tot by ’n bos agter die swembad, nog beelde, nog marmer. Die hormoon laat ook nie op hom wag nie, hy’t onmiddellik al sy klere uitgetrek en poedelnaak voor die predikantsvrou gaan staan – ek’s ook nie meer seker of ek nog so na haar mag verwys nie, voel nie reg nie. Haar man probeer die straat tot bekering bring en sy wys hulle die hoofweg hel toe! 

Ek kan my net die koerante indink! ‘Predikantsvrou met een-en-twintigjarige penis in gesig gevind deur pervert wat al twaalf keer Moulin Rouge gekyk het’. Ek kon myself nie keer om te kyk nie. Eintlik wou ek braak, want daai selfde vrou het vir my geleer van sonde en oorvloed en van seks voor die huwelik, nou lê sy hier saam met ’n  model op die trap van ’n  swembad in Brooklyn by ’n huis met baie swak sekuriteit – en baie mooi clivias – en pomp die stomme satan uit ’n kind uit wat direk na hy wettig die skool kon verlaat, gym toe is en nooit weer gaan herstel nie. Miskien probeer sy hom tog bekeer, want hy roep hard na die Here.

Ek besef hoe die predikant en sy vrou se kind gemaak is en dat die storie oor dominee en sy katelknaap dalk kan waar wees, want mevrou dominee s’n lê hier in alle glorie voor my en geniet homself, terwyl die predikantsvrou goed aan hom doen wat hulle verseker nie in Sondagskool leer nie.

Ek begin voel soos Ruda Landman op Carte Blanche. Skielik lui my foon. Ek val vooroor tot naby die bedding by die kreunende (nou ex)-predikantsvrou.

Die vrou laat haar laaste kreun uit en die seun bo-op haar begin haar in die nek soen toe sy hom afgooi en skree “hier’s moeilikheid kind hou op lek”. Hy wou nog vir haar die leë Durex pakkie wys toe gil sy, “hier’s ’n pervert in die bos!” Ek voel toe soos ’n  volslae sot, want sy’s die een wat die katkisant in die swembad molesteer en nou’s ek die pervert in die bos. 

Ek gil toe vir haar “nou wat maak dit jou?” 

“Jy’s die een met Moulin Rouge wat in die bosse staan en mense afloer,” gil sy.

“Jou moer man, jy’s die een wat met God getrou het en nou met ’n minderjarige tussen jou bene vir Satan bly maak.”

“Ek is agtien,” gil hy met sy broek op sy enkels.

“Ja, ek weet poephol,” skree ek terug, “maar jy’s in standerd agt al uit die skool uit.” 

“Hy het sy katkisasie voltooi,” se die vrou.

“Nou wat maak dit hom nou? ’n Christen met ’n ereksie?

Ek begin nou regtig ongemaklik voel. Hier staan ek en gil soos ’n hoer met ’n  beroerte op ’n predikantsvrou met afterglow, langs ’n swembad in Brooklyn met ’n dom, maar mooi kind in, wat homself nou net in die hel in laat pomp het deur die vrou wat hom bekeer het.

“Waarvan praat jy kind?” vra sy my met ’n rustigheid in haar,  wat nie by ’n vrou hoort wat nou net soveel moeilikheid aangejaag het nie. 

“Ek sê jy’s die een wat heeltyd so gesanik het oor seks en dwelms en alles wat lekker is en nou staan jy hier in ’n niervormige swembad met ’n agtienjarige se sweet op jou borste en vra vir my waarvan praat jy kind!” 

“Ag jirre,” sê sy, “as jy wil loop hel toe, gaan doen dit, dis jou keuse, ek bly net hier. As hulle vir my wil hê, moet hulle vir my kom loop haal. En dink jy regtig ’n predikantsvrou met ’n seksdryf gaan hel toe? My kind laat ek vir jou sê, dis hemel, hemel op dorre aarde.” 

Ek kyk vir die een in die swembad, hy moet seker donners dom wees, want hy het nog nie ’n spier getrek vandat ek hier aangekom het nie, behalwe vir sy bevestiging dat hy wel agtien is. Ek vra vir hom “en jy? Wat het jy vir jouself te sê?” 

“Gaan ons nou daai film van jou kyk of gaan jy dit weer alleen by jou huis sit en doen, terwyl jy tjank met ’n bottel rooiwyn in jou arms?” vra hy.

Wie’s nou die pervert wonder ek. Ek sê toe “nee dis reg ek kan maar hier ook huil.”

Drie maande later is daar weer ’n klop aan my deur. Dis weer die predikant. “Jy moet bietjie jou voorstoep vee…” Ek vererg my so binne dit kook… hy val my gedagtes in die rede, “ek sê jy moet jou stoep vee dit lyk kak!” Wow, dankie vir die eerlike antwoord, dink ek, gelukkig was daar die keer nie metafore oor die onheil en my stoep nie.

“Ek sal so maak, en as ek vir jou raad kan gee, miskien moet jy bietjie jou vrou in jou swembad pomp, dalk ken jy ook die hemel.” 

Hy is daar weg, ek reken dit sal hom vir ten minste so ses maande van my vuil stoep afhou. 

Daar’s ’n besem in my kas, tyd dat die deur oop.

Kyk bietjie rond...

A tiny love story written at 17:15

I was feeling rather overwhelmed; this was before the word became trendier that OCD and everyone suffered from it. Sitting down on

Loulierblare en Skoonfamilie

Martie het eendag, toe ons daar in haar winkel gesit en tee drink het, ‘n onskuldige opmerking gemaak wat die satan in