Hoofstuk 9. Ralie se roudag

Soortgelyk

Ari

Die Saai Lewe II : DEEL 1 Ari was ‘n baba van agtien maande toe hy een middag sleg verbrand het in sy ma se

Read More »

Kremetarte kak af.

Met verskoning aan Jeanne Goosen My vrugte verryp tot swart?ek dink, of nee dis net Kremetartmajestueus grysbruin Jare lank so sterk en dik en wortels

Read More »

STORIE NEGE UIT PLATPLEK SE MENSE

On the dot vyfuur, elke middag, sluit Marietjie die winkel en stuur vir Sara om sodawater by die drankwinkel te gaan koop. Dan haal sy ‘n ou halfjêkie uit die onderste laai van haar lessenaar uit en ons vier sit en kuier.

 Die middag sit ons en wag vir Ralie. Ons skink toe maar en kla oor die droogte en die oeste wat weer daarmee heen is. Is nog so aan die kerm toe Ralie, in pikswart geklee, die winkel binnestap. En sy sing temerig: “Straf tog nie in ongenade..” Ons sit haar swak van verbystering en aankyk. Sy het swart sykouse en lang swart handskoene aan en dis net gedagtes van dood en rou en geween wat in ons koppe maal.

 Ralie neem haar plek voor die lessenaar stemmig in en ons sit in stilte. Marietjie en ek kyk vir Lida. Sy’s die oudste. Sy moet vra. Lida, wat altyd die vaandel van oudste wees met trots dra, vra vir Ralie: “Ralie, wat het gebeur?” Ralie kyk floutjies van een na die ander en antwoord: “Dis die herdenking van my troudag vandag.”

En ons skink nog ‘n dop.