Afrikaanse & Engelse skryfwerk

Nuwe stukke, wanneer hulle gebeur

kloofstraat - Willem Jacobs

kloofstraat

kloofstraat - Willem Jacobs

Die ego’s loop straat-op in Lang
en gaan sit en dink lank aaneen
elk
outside
sy eie boks.
Skuins op in Kloof
by Vida e
verduidelik die skinny laté
no sugar
taal decaf
lank aaneen
sy lang storie in ‘n kort verhaal
soos hy die skuld by sy voorouers verhaal
sente tel
lunch betaal.
‘n Decaf liefde
in sy moedertaal.

Lees volgende