want Februarie is grys buite Jou

so my oor teen Jou bors Bokkie hou,

‘n karos my oor span

vir ‘n hoef oor my trom

stof opskop en stof opklop

en gedagtes annerkant grys

Jou Karoo inspring

(dis die son in ons biltong

grys is nie in promos nie)

Jy brand binne grys uit

oor ‘n skakel wat van Jou hoor,

so hou my oor in verlange

annerkant stof en grys

son van Jou oor.

Soortgelyk

heksedans

– Intussen dans ons godeloses soos hekse en heidinne op dwelms in grotte en woude om die sondes wat hulle in god se naam pleeg uit te weeg.

Read More »