By ’n tafel in Royale het daar ’n normale man met die lelikste skoene aangesit wat mens jou kan verbeel in fop-leer. Hy’t ’n Royale Burger met ekstra brie geëet. Hyself was nie te lelik nie, net baie onmerkwaardig.

Daardie middag ná sy burger het hy by ’n paar quaint plekkies ingeloop en gesoek vir mooier skoene wat onder R900-00 kos. Hy’t dit sommer op straat aangetrek. Hy’t rus gaan vind iewers by ’n naby strand waar ’n digter in die 1960s gaan swem het. Hy’t gewonder hoekom alles in Pretoria so ’n gejaag is, en oor al die roundabouts en hoekom ’n mens nie mag perlemoen vang nie, en of dit jou ook jags maak, oor al Steve se kinders en wat geword het van Wielie Walie, hoekom DVD spelers goedkoper as sambrele is en hoekom mense vir Juanita du Plessis toelaat.

Langs hom op die sand het daar ’n meeu kom sit. “Hoekom lyk jy so droewig?”, vra die meeu. Hy sê hy moet more teruggaan Pretoria toe. “O”, sê die meeu; “ek’s jammer om te hoor”. “Die visse like dit glad nie daar nie. Hulle sê die mense is vreeslik gejaag en hulle eet by Cape Town Fish Market. Amper soos asof daar nie ’n  môre gaan wees nie.” “Ja” sê die man. “Die mense daar jaag bog, hulle het ook geen geen sin vir ’n aangeleentheid nie. Maar julle hier in die Kaap is nie regtig stadig nie”, sê hy vir die meeu, terwyl hy sy voete in die sand druk; “julle kyk net meer rond”. “Ja seker”, sê die meeu, “ek moet gaan, ek is honger, ek gaan diep”. “Ek kom saam”, sê die man.

Die man se naam was Greyling Carl Joubert. Hy’t weggekom.

Soortgelyk

heksedans

– Intussen dans ons godeloses soos hekse en heidinne op dwelms in grotte en woude om die sondes wat hulle in god se naam pleeg uit te weeg.

Read More »